What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Recharge jou batterye by Jesus

Spreuke 3:24

Wanneer jy gaan slaap, sal jy nie bang wees nie. Jou nagrus sal goed wees.

Wanneer ek aan eksamen dink, kom daar baie emosies in my gedagtes op. Lang ure van leer, geen skool, oefeninge, lekker snacks en baie min slaap. Tydens eksamen word jou slaappatroon dikwels omgekrap. Daar is nimmereindigend informasie waarop jy moet fokus en slaap kom nie dadelik wanneer jy jou kop op die kussing neerlê nie.

Dit is moeilik om na ’n lang dag van leer en fokus, jou gedagtes af te skakel. Wanneer jy uiteindelik jou boeke vir die aand neersit, is jy te moeg om tyd te spandeer saam met die Here. Jou kop voel asof dit gaan bars en jou oë swaar. Jesus sal mos verstaan, sal Hy nie? Hy weet hoe hard jy werk en moet jou so ’n bietjie slack gee.

Nee, dit werk nie so nie. In die swaar tye is Jesus nog steeds by ons en Hy wil ons so graag help deur hierdie tye. Eksamen trek elke stukkie energie uit jou lyf en ons moet op ’n manier weer recharge. Hierdie energie sal ons net by die Here kry.

Recharge jou batterye by Jesus

Gebed: Dankie, Here, dat U vir my die vermoë gegee het om te studeer. Dankie, dat ek weet U my deur die eksamen sal dra en dat ek op U kan vertrou. Help my asseblief om op U te fokus en dat ek my energie by U sal soek. … Amen.

Uitdaging: Staan ’n halfuur vroeër op om met die Here tyd te spandeer en jou batterye te charge. Voordat jy gaan slaap, praat met die Here en vra Hom om vir jou ’n goeie nagrus te gee.