What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Raak stil God is daar

Markus 4:39-41

39Jesus staan toe op en praat streng met die wind en die golwe: “Stil! Word rustig.” Dadelik het die wind gaan lê en alles was heeltemal kalm. 40Toe draai Hy na sy dissipels toe: “Vir wat was julle so bang? Vertrou julle My dan nie?” 41Hulle was heeltemal verslae en het klein gevoel in sy teenwoordigheid. “Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see doen wat Hy sê,” het hulle onder mekaar gewonder.

Deesdae is alles so gejaagd. Jou ouers vra jou wat jy wil eet en dan is dit fast food soos pizza, burgers en milkshakes. Jou ouers werk ook lang ure of die huis is so besig en hulle spandeer niks meer tyd met jou nie. Alles is so ‘n gejaag en jy is al moeg en kry nie meer tyd vir alles nie en dan raak jy kwaad, geïrriteerd en het woede uitbarstings.

Wanneer laas het jy stil geraak om tyd met God deur te bring? Markus vertel in die teks dat Jesus storms stil maak en mense in verwondering gelaat het. God wil ons storms stil maak sodat ons op Hom kan fokus, Sy stem kan hoor en sodat Hy ook ons lewens só aanraak dat dit ons in verwondering laat.

Partykeer is die storm so groot dat ons gaan sukkel om God te sien werk met die storm, maar dit gaan tyd, geduld en oefening vat. Maar ons kan altyd weet dat die storm geen match is vir God nie.

Raak stil. God is daar!

Gebed: Here, U help my om stil te raak sodat ek U kan hoor in my lewe. Help my om weer te besef hoe belangrik tyd saam met U is en om weer U woord te lees om ‘n dieper verhouding met U te bou. Amen.

Uitdaging:  Neem vandag vyf minute en lees ‘n Bybelvers of twee en gesels met God oor wat op die oomblik in jou lewe aangaan.