What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Pressure kan ons nader na God druk!

Jakobus 1:3

Die slegte dinge wat met julle gebeur, toets of julle werklik die Here vertrou. As dit met julle sleg gaan, leer julle juis om nader aan die Here te leef.

Die lewe is nie maklik daar buite nie. Almal druk dat dit bars. Dis die ouers en die onnies. Jy moet net altyd die beste doen. Selfs jou pelle druk en trap soms op ’n mens. Dis nie lekker nie. Eintlik wil ’n mens alles net los en êrens gaan chill.

Maar of ons dit nou wil weet of nie, gaan daar altyd druk wees. Daar gaan altyd tye wees wat die dinge nie loop soos ons wil hê dit moet loop nie. Ons moet dit maar reguit vir mekaar sê. Die meeste van die kere het ons eintlik nie ’n keuse of druk na ons kant toe gaan kom nie. Ons het wel ’n keuse oor hoe ons die druk gaan hanteer.

Gaan ons toelaat dat dit ons druk dat ons bars of gaan ons eerder op God vertrou? Wanneer die lewe druk, moet ons dit na God toe neem. Hy sal ons help daarmee. Hy sal ons wys watter deure ons moet oopmaak en watter ons eerder moet toe los. Hy sal ’n uitweg vir ons wys en ons help om die stoom te laat afblaas. En in die hele proses leer ons God van nader ken en leef ons nader aan Hom.

Pressure kan ons nader na God druk!

Gebed: Here, ek is eerlik as ek sê dat dit nie altyd maklik is om te lewe nie. Dit druk van alle kante. Help my asb. om die druk reg te hanteer, sodat ek nader aan U kom.

Uitdaging: As jy weer voel dat druk so erg is, dat jou oë traan, gaan raak stil. Vat ’n papier en skryf alles wat jou so druk  neer. Vra God jou te help om planne te maak en die stoom af te blaas.