What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Praat met vrymoedigheid in die Naam van die Here!

Handelinge 9:19-31

27 Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring. Hy het vir hulle vertel hoe Saulus op die pad die Here gesien het en dat die Here met hom gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus gepreek het. 28 Saulus het toe oral in Jerusalem saam met hulle rondgegaan en openlik in die Naam van die Here gepreek.

Die verhaal van Paulus is inspirerend, want Paulus was iemand wat Christene vervolg en vermoor het voordat hy self ʼn Christen geword het. Dink net, God kan iemand wat so ver van Hom leef, steeds liefhê, vergewe en ʼn nuwe roeping gee!

Wat staan in jou pad om vrylik oor die Here te praat? Miskien voel jy dat jou stem nie veel mag het nie. Miskien dink jy jou vriende gaan dink jy is vreemd. Miskien dink jy dit gaan in elk geval nie ʼn groot verskil maak nie.

God roep elkeen van ons op verskillende maniere – hoe een persoon getuig en preek verskil weer van hoe ‘n ander persoon dit sou doen. God roep jou om met vrymoedigheid in Sy Naam te praat. Wat beteken dit vir jou?

Praat met vrymoedigheid in die Naam van die Here!

Gebed: Here, dankie dat U my U kind noem en ʼn verhouding met my bou. Help my om my unieke stem te ontdek sodat ek elke dag vrymoediglik in U Naam kan praat. Amen.

Uitdaging: Dink hierdie week waar jy mense kan beïnvloed. Probeer om met ʼn vriend of familielid te gesels oor jou geloof, of begin ʼn gesprek op sosiale media daaroor.