What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Plaas God bo alles

Om ‘n verhouding met God te hê, is baie persoonlik en belangrik! Lees wat sê Hy vir ons in Jesaja 43:1,3 en 4: “Die Here het jou gemaak. Hy sê vir jou: “Moenie bang wees nie. Ek sal jou red. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My. Ek is mos die Here jou God wat vir jou sorg. Jy is dierbaar vir My. Jy is belangrik vir My. Ek is baie lief vir jou.”

Die wêreld is vandag vol geweld en negatiewe gebeure, maar met God aan ons kant, wie kan teen ons wees? Slegs Hy kan ons help om die aanslae van die bose af te weer en slegs Hy kan ons help om staande te bly. Die Bybel leer ons in Johannes dat almal wat Jesus aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

God is ons Lewenskompas. Hy sal altyd vir ons die regte pad wys en Hy sal altyd aan ons antwoorde gee op ons vrae wanneer ons Hom vir Sy leiding vra.

God wil hê dat jy elke dag tot Hom moet nader in gebed en dat jy met Hom oor alles moet gesels. Hy wil ook hê dat jy Hom volkome moet vertrou. Hy wag vir jou. Hy wil graag alles vir jou doen wat ‘n aardse pappa vir sy kinders doen, maar dan moet jy jouself ook onderwerp aan Sy gesag en Sy gebooie onderhou.

Uitdaging: Soek God in alles wat jy doen.

Gebed: Vader, baie dankie dat ek U kind mag wees. Amen.