What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Pasop vir die maniere van die wêreld

2 Timoteus 2:22

Maak dat jy wegkom van al die verkeerde dinge wat vir ’n jongmens so lekker lyk en wat hy dan so graag wil doen. Gebruik liewer jou energie op ’n ander manier…

Ons almal kom daagliks in kontak met ander mense wat vir ons wil sê hoe ons moet lewe. Ons sien ook in die flieks en televisie dat ‘n sekere prentjie geskep word van hoe jong mense eintlik moet lewe. Maar die wêreld dink nie hoe God dink nie.

In plaas daarvan dat ons alles najaag wat vir ons net oombliklike geluk gaan bring, moet ons eerder soek na die dinge wat regtig ons lewens beter sal maak. Ons trap gereeld in die strik om net te doen wat nou lekker is en dan sit ons met nagevolge wat soms nie omgedraai kan word nie.

Ons moet eerder mense word wat die dinge van God eerste stel: Dinge soos opregtheid, geloof, liefde en vrede. As ons op hierdie dinge fokus, sal ons lewens soveel meer waarde dra.

Pasop vir die maniere van die wêreld.

Gebed: Dankie Here, dat U nie ‘n spoil-sport is nie, maar dat U my wil sien groei in maniere wat my nader aan U en ander mense bring. Gee my asseblief die geduld en vermoë om onmiddellike geluk prys te gee vir die ewige vreugde wat U in my hart stoor. Amen.

Uitdaging: Dink vandag ‘n bietjie na oor die volgende woorde: opregtheid, geloof, liefde, vrede. Wat beteken hierdie woorde vir jou? Hoekom sal jy dit wil najaag?