What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Oordeel is verby in Jesus

Romeine 8:1-2

1Goeie nuus! God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort. 2Dit alles is aan die Heilige Gees te danke. Sy nuwe wet waarborg nou splinternuwe lewe in Christus Jesus vir my. Die Gees maak my vry van die neerdrukkende wet van die sonde en die dood. Hy breek daardie magte se houvas op my lewe vir altyd.

Sonde. ‘n Woord wat ek dink ons te maklik vermy in vandag se kultuur. Ons is so bang om ander mense te offend dat ons verkies om ander woorde te gebruik wat nie so ernstig klink nie.

Ons God is ‘n heilige God. Hy en sonde pas nie saam nie en ons weet dit. Maar vir ons, as God se kinders, is sonde (al bly dit erg) nie iets wat God se liefde vir ons enigsins verminder nie.

Jesus het al lankal aan die kruis gesterf om met sonde weg te doen. Hy het vir elke een betaal. Gister, vandag en môre s’n. Ons word nie meer vir ons sonde geoordeel nie – ons is vry om nuut te lewe met God aan ons kant.

Sonde is rof. Dit het gevolge. Maar dit bring nie oordeel nie. God se Gees help ons wel om meer en meer te word wie God ons gemaak het om te wees. Ons is vrygespreek! Dit is ons identiteit.

Oordeel is verby in Jesus.

Gebed: Dankie, Here, dat ek nie veroordeel word oor my sonde nie. Here, help my om elke dag die ou dinge agter te los en my nuwe lewe in U te geniet. … Amen.

Uitdaging: Kyk die volgende video wat pas by vandag se Padkos – https://youtu.be/8Z_SMrnEiaI.

Ns: Opsoek na Roadtrip247 skrywers! As jy voel God roep jou om Sy woord op papier neer te sit en Sy woord vir Sy kinders te bring, kan jy met ons kontak maak. As jy meer wil weet, stuur ‘n e-pos na info@roadtrip247.com om meer uit te vind en sodat ons jou kan betrek by die skryf van die Roadtrip stukke.