What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Onverdiende liefde

2 Korintiërs 5:17

Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Hoe bevrydend om te weet dat God ons ʼn nuwe mens maak! Die las van skuldgevoelens en sonde is iets wat ons nie meer hoef te dra nie.

Soms voel dit asof ons nie God se genade werd is nie – maar dit is juis wat die vergifnis en liefde van God so kosbaar maak. Ons hoef niks te doen om God se liefde en vergifnis te verdien nie! Wat dit moeilik maak, is om dit te aanvaar. Ons word geleer dat ons altyd iets spesifiek moet doen of wees voordat ons dit kan verdien. God werk nie so nie!

Gebed: Hoe ongelooflik, Here! Ons wil U loof en prys vir hierdie onverdiende liefde en genade. Dankie dat U ons liefhet soos geen ander. Help ons om ʼn lewe van dankbaarheid te leef. Amen.

Uitdaging: Gaan vertel vir iemand hierdie week die goeie nuus van die liefde van God.