What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Onthou wat jy by die huis leer!

Spreuke 23:22-23

22Onthou die goeie waardes wat jy in jou ouerhuis geleer het. Moenie jou ouers se harte op hulle oudag breek nie. Hou vas aan die lewenswaarhede wat hulle jou geleer het. 23Streef na nog meer wysheid. Leer nog meer lewensvaardighede. Probeer nog beter verstaan hoe om reg te lewe.

Sommige van ons se ouers beskerm ons teen die lewe vanaf ‘n jong ouderdom. Dis great as ons ouers beskermend is, maar wanneer ons dan in aanraking kom met die wêreld daar buite, word ons geskok. Dis dan wanneer party van ons bietjie afdwaal van die regte pad, veral as ons nie ‘n lewende verhouding met Jesus het nie.

Ek het al gesien hoe ‘n klompie van my vriende ná skool, weggedraai het van God. Hulle het geluk gesoek in verhoudings en rondjol. En om eerlik te wees, dit het vir my moeilik geraak om met hulle te identifiseer, want dit het so ge-clash met die verhouding wat ek met Jesus het.

Baie van ons word by die huis geleer oor God en hoe lief Jesus ons het, maar party mense maak dit nie hulle fondasie nie. Ek weet ons wil dit nie altyd hoor nie, maar ons ouers het soms wysheid en ondervinding wat ons baie kan help. Kom ons probeer om ons verhouding met Jesus deel van ons lewe te maak, sodat ons ook eendag ons ouers kan trots maak.

Onthou wat jy by die huis leer!

Gebed: Dankie Jesus, vir al die goeie dinge wat ek by die huis leer. Help my om my verhouding met U te versterk sodat ek nie sal wegdwaal van die goeie dinge wat ek in die huis leer nie … Amen.

Uitdaging: Dink aan hoe jy die slegte dinge wat jou fondasies shaky maak uit jou lewe kan sny.