What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Onthou die basics: Liefde kom eerste

Lukas 10:27-28

27Die wetskenner antwoord toe: “Die wet sê jy moet die Here jou God liefhê met alles in jou: met jou wil, jou emosies, jou krag en jou denke. En jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” 28“Mooi so!” het Jesus gesê. “Jy het reg geantwoord. Gaan doen dit, dan sal daar vir jou ’n plek wees in God se nuwe wêreld. So eenvoudig is dit!”

Die jaar het nou weer opnuut begin. En maybe het jy vir jouself ‘n lys gemaak van dinge wat jy die jaar gaan aanpak. Word fikser, slaap meer, hou op met dit of dat … Ek dink ons love dit om vir onsself lysies te maak sodat ons kan beter word.

Maar somtyds word ons so vasgevang in ons lang lyste. Ons sien hoe die een na die ander nie uitwerk nie en ons gee sommer op op die hele lot. En ons dink ons het nie waarde totdat dit of dat eers gebeur nie. Klink vir my na ‘n aaklige manier van lewe.

Die Fariseërs in Jesus se tyd het ook so gemaak. Hulle het lang lysies uitgewerk oor hoe hulle beter kan wees as ander mense en hoe hulle God se guns sou verdien. Maar hulle het die basics vergeet. Hulle het vergeet dat om God te volg op die einde nie net gaan oor reëls nie, maar oor liefde wys.

Ek hoop dat in die nuwe jaar jy ook sal stick by die basics – dis goed om doelwitte te hê, maar moenie dat hulle jou lewe word nie. Jesus het jou baie meer lief as wat jy soms doen.

Onthou die basics: Liefde kom eerste.

Gebed: Here, soms raak ek so vasgevang in al die klein dingetjies wat ek wil bereik. Soms voel ek asof daar so baie is wat ek moet doen voor ek deur U en ander mense aanvaar gaan word. Help my om nie te val vir daardie leuen nie. Help my om te stick by die basics. … Amen.

Uitdaging: Dink aan ‘n paar mense wat jy meer intensioneel wil liefhê die jaar. Organize om bietjie met hulle te kuier.