What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ontdek jou gawes! – #imagine Maandae

Handelinge 9:7-19

15 Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my instrument om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel.”

Paulus se reputasie loop hom vooruit en baie mense ken sy verlede. God stuur Ananias om Paulus se sig te herstel, maar Ananias is bang vir Paulus en ook vir wat hy kan doen. Maar God bemoedig Ananias en sê vir hom dat Hy Paulus gekies het as Sy instrument om Sy boodskap te verkondig.

Wat beteken dit vir jou om God se gekose instrument te wees, soos Paulus? Partykeer voel dit asof God die verkeerde persoon gekies het, of dat hy te veel van ons verwag. God maak nooit foute nie, en Hy weet altyd wat Hy doen.

God het jou geroep en het vir jou unieke gawes gegee wat Hy gebruik om te deel, bevry, gesond te maak, bevriend, leer, bedien, vrede maak en ander te inspireer. Dit is so wonderlik om deel van God se familie te wees!

Ontdek jou gawes!

Gebed: Dankie, Here, dat U my geroep het en hierdie wonderlike gawes gegee het. Al weet ek nie presies wat hulle is nie, weet ek dat U my gaan help om hulle te ontdek en te ontwikkel. Help my om genoeg waagmoed te hê om te probeer, al kry ek dit nie altyd reg nie. Ek weet dit maak nie saak nie, want U is altyd by my. Amen.

Uitdaging: Vra iemand wat jou ken om die maniere waarop jy ʼn verskil maak, uit te wys.