What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ontdek die gawe van gasvryheid!

Verras deur ‘n besigheidsvrou

Handelinge 16:13-15 & 40

14… Sy het aandagtig gesit en luister na wat Paulus gesê het. Die Here het Lidia aangeraak sodat sy die goeie nuus oor Jesus gelowig aanvaar het.15Daarna is sy gedoop, en ook almal wat in haar huis gebly het. Sy het ons toe uitgenooi om by haar te kom oorbly. “As julle regtig oortuig is dat ek nou ook in die Here glo, moet julle eenvoudig in my huis kom oorbly,” het sy gesê. Lidia het ons toe met hierdie woorde oorgehaal om by haar te kom bly.

Dit is so lekker om by gasvrye mense te gaan kuier! Hulle huise is so verwelkomend, en jy voel nooit asof jy in die pad is nie. Ken jy iemand wat jou so onvoorwaardelik in hulle huis verwelkom?

Hierdie verhaal gaan oor ʼn baie suksesvolle besigheidsvrou, Lidia. Sy verkoop duur materiaal wat gebruik was om baie mooi klere te maak. Tydens hierdie verhaal, raak God haar so aan dat sy onmiddellik ʼn gelowige word. Haar eerste aksie nadat sy ʼn gelowige geword het, was om gedoop te word. Direk daarna nooi sy hierdie vreemdelinge (wat nou eintlik begin vriende word het) na haar huis toe.

Hierdie teks herinner ons aan die wonderlike gawe van gasvryheid, en hoe goed en prakties dit die verhaal van Jesus oordra na ander. ʼn Huis wat altyd oopstaan om mense te ontvang met liefde. Dit is ʼn veilige ruimte wat geskep word waarbinne mense saam kan kuier, eet, en praat.

Ons word uitgedaag deur hierdie verhaal om ook mense met gasvryheid te ontvang. Ons word uitgedaag om ons ruimte, kos, en tyd met ander te deel om sodoende ʼn spesiale ervaring van God te beleef.

Ontdek die gawe van gasvryheid!

Gebed: Here, dankie dat u ons seën met gawes wat ons weer kan gebruik om ander mee te seën. Help ons om ruimtes te skep waarbinne ander veilig kan voel.

Uitdaging: Tree gasvry op teenoor iemand van wie jy nie noodwendig hou nie.