What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Onse Vader

Matteus 6:9“Hier is ’n voorbeeld hoe jy moet bid: Ons Vader in die hemel, laat almal op aarde groot eerbied vir U heilige Naam hê. 

Van kleins af leer ons in die kerke om jou Vader en Moeder te eer as ’n gebod wat onderhou moet word, maar hoe eer ons ’n vader wat elke naweek so baie drink dat hy homself nie meer ken nie. Party van ons se pa is weer so besig om te werk dat hulle nooit meer tyd het vir ons nie. Sommige van ons het dalk ‘n pa wat genoeg tyd en liefde gee, maar ook genoeg van sy eie bekommernis, so ons hou maar ons persoonlike issues vir onsself.

Toe Jesus tot God gebid het, het Hy Hom Sy Vader genoem. En Hy is dit ook vir elkeen van ons wat vir Jesus as ons Verlosser aangeneem het.

Deur God aan te spreek as ons Vader, beteken dat ons ’n persoonlike verhouding met hom het en dat Hy ons Vader wil wees, dit wil sê iemand wat lief is vir ons, omgee en ons belange op die hart dra.

Uitdaging: Plaas vandag alles wat jou omkrap in God se hande en sien hoe Hy vir jou omgee, bystaan en help as ’n Vader.

Gebed: Hemelse Vader, dankie dat ek myself U kind kan noem. Dankie dat U my Vader is wat ’n rolmodel en voorbeeld is van hoe vaderlike liefde en omgee moet lyk. Amen.