What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ons verhouding met God is reggestel!

2 Korintiërs 5:18

Dit is God wat al hierdie dinge gedoen het. Hy het ons met Hom versoen omdat ons aan Christus behoort. God het vir ons die werk gegee om mense met Hom te versoen.

Woah… Wag ʼn bietjie… Wat beteken die woord versoen? Om te versoen beteken gewoonlik dat ʼn verhouding wat opgebreek is, herstel word. Gewoonlik, wanneer gebroke verhoudings bestaan, kan versoening gebeur as mense mekaar vergewe. Omdat die mensdom al van Adam af gereeld teen God sondig, het ons ook versoening nodig. Ons verhouding met God moet reggestel word.

Wanneer God na Jesus kyk, is daar geen fout wat Hy in Jesus vind nie. As ons aan Jesus behoort, word ons ook met dieselfde oë gesien. As ons aan Jesus behoort, kan ons verhouding met God herstel word. Dis wanneer hierdie verhouding herstel word, dat ons ʼn nuwe mens word (soos ons ook gister gesê het).

Dis amazing om te weet dat, al rig ons skade aan die verhouding tussen ons en God, Hy nog steeds kies om ons lief te hê en die verhouding te herstel. Ons vat nie die eerste stappie van versoening nie, God doen. God is vasbeslote om na ons toe te kom om Sy liefde met ons te deel.

Ons verhouding met God is reggestel!

Gebed: Here, dankie dat U my in U liefde najaag en dat U die eerste stappie van versoening neem. Ek bid dat ek net elke dag meer en meer sal verstaan wat dit beteken om aan Jesus te behoort. Dankie dat ek met U kan praat omdat Jesus vir my versoening gebring het. Amen.

Uitdaging: Dink na oor die maniere waarop God jou nuut gemaak het in Jesus. Watter groot veranderinge sien jy raak? Maak seker om later ʼn gebed van dankbaarheid te bid oor die maniere waarop God jou omskep het in ʼn nuwe mens.