What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ons Pa is die koning.

1 Johannes 3:1

Ons staan bekend as kinders van God. Ons ís dit natuurlik ook. Ons hemelse Vader self het ons sy kinders gemaak – dít is nou liefde as daar al ooit liefde was!

Ek sien baie mense hier om my tussen die vloer en politoer rondkruip. As ek hulle dan vra hoekom hulle nie lekker is nie, kom ’n mens gou agter dat hulle nie goed voel oor hulself nie. Die een sê hy is te vet, die ander een sê sy is te maer. Nog een voel nie lekker nie, want kyk in watter krot moet hulle nou bly. Die ander een moan weer oor die kar waarin hulle ry.

Almal het alles beter! Hoe moet ’n mens nou goed voel as almal slimmer, mooier, ryker en eenvoudig net beter as jy is?

Hulle maak egter ’n berekeningsfout. Jy sien, hulle meet hulleself met die verkeerde liniaal. Hulle dink ’n mens se waarde kom van hoe jy lyk of hoe in jy is by die span of hoe dik jou beursie is of jou punte of die pelle wat jy het. Maar eintlik maak die somme nie sin nie.

Nuus vir jou: Ons kry ons waarde van God. Omdat ons kinders van God is, al ploeg ons nou en dan, het ons baie waarde. Omdat God ’n koning is, is ons koningskinders. Jip, ons is eintlik prinse en prinsesse! Dit maak dus nie saak wat ander dink of sê of teen ons doen nie, ons is eintlik great, want …

Ons Pa is die koning.

Gebed: O Vader, ek het die ene so nodig gehad! Dankie dat ek waarde het. Dankie dat ek U kind is. Dankie dat ek ’n koninklike is. … Amen.

Uitdaging: Neem ’n stukkie papier (of meer) en skryf een sin uit die stuk daarop en plak dit vas teen die spieël.