What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ons kan op God vertrou as ons eensaam voel

Genesis 2:18

Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n metgesel maak, een soos hy.”

Ons lewe in ‘n wêreld vol mense, maar tog is daar so baie mense wat eensaam en alleen is. Ek weet van baie mense wat hulself omring met ander en steeds alleen voel. As jy ‘n bietjie soos ek is, is dit vir jou ook soms moeilik om in te pas of om beste vriende te maak en iemand te kry wat die waarde in jou raaksien.

Baie mense dink dat as hulle net ‘n meisie of ‘n ou kan kry, dit hulle hele lewe sal om-flip. Hulle glo dat daardie persoon sal maak dat hulle nooit weer alleen voel nie. Die wêreld vertel ons dat iemand anders ons kan voltooi. Maar Jesus het elkeen so uniek en perfek geskep dat jy nie iemand anders se missing puzzle piece is nie.

Tog hou God nie daarvan as ons alleen voel nie. Vra vir die Here om jou te help om in gesonde verhoudings te staan met vriende en vriendinne. Dis nie net romantiese verhoudings wat ons gelukkig maak nie. Ons kan ook gelukkig wees binne gemaklike en platoniese vriendskappe waar ons kan groei en nie net mekaar nie, maar ook onsself beter kan leer ken.

Ons kan op God vertrou as ons eensaam voel.

Gebed: Here, U weet dat ek soms alleen voel. Help my om na U toe te draai in tye soos dié. Help my om te onthou hoe lief U my het en dat U my gebede hoor… Amen.

Uitdaging: Luister na die liedjie van Kari Jobe getiteld “I am not alone” wat ons vandag geplaas het op die Roadtrip247 website.