What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ons is geroep om volmaak te wees

Matteus 5:38-48

Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Verlede week het ons gelees hoe Jesus ons vredemaker is en hoe Hy ons ook roep om vredemakers te wees waar ons is. Ons is geroep om nie net vredemakers te wees in ons gemeenskap nie, maar ook in ons eie verhoudings.

Kyk mooi na verse 38-42. Ons eerste reaksie wanneer ons seerkry, is so anders as wat Jesus vir ons leer. Maar dit stop nie daar nie! Vers 48 sê ons moet so volmaak soos ons Hemelse Vader wees. Dit is dalk die moeilikste vers in hierdie hele gedeelte, miskien die hele Bybel! Hoekom dink jy eindig Jesus hierdie gedeelte so?

Wanneer ons die ander wang draai, ekstra moeite doen, of iemand help al kom hulle ons te na, sê ons iets oor Jesus en hoe Hy ons liefhet en vergewe. Kan jy dink aan ʼn keer toe jy ekstra moeite gedoen het vir iets of vir iemand?

Gelukkig los God ons nie om alles in ons eie krag te doen nie. As ons op Hom vertrou, kan ons ook nes Hy, volmaak wees. Hy help ons deur ons harte te verander sodat ons kan liefhê en vergewe.

Ons is geroep om volmaak te wees.

Gebed: Here, dit is nie maklik om soos U te wees nie! Moet asseblief nooit ophou om my te leer van genade en vergifnis nie! … Amen.

Uitdaging: Bak ‘n paar cupcakes en vat dit na julle plaaslike polisiestasie. Of vind uit hoe jy deel kan word van ʼn “Big sister” of “Big brother” program en ‘n mentor kan wees vir ‘n “at risk” kind.

Hierdie is deel 2 van #imagine se Bybelstudie Jesus ons Vredemaker