What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ons aanbid God die beste wanneer ons God met ander deel.

Kolossense 3:16

Jesus se boodskap moet in julle lewe wees wat ’n bouplan vir ’n bouer is. Dit moet die plan wees vir alles wat julle doen. Daarom moet julle nie tevrede wees voordat julle alles weet wat Jesus vir julle wil sê nie. Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand ’n fout maak, help hom reg. Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God dankie.

Hillsong United het ‘n liedjie aan die begin van hierdie jaar uitgereik, getiteld So Will I. Een van my gunsteling dele van die liedjie is: “… If creation sings Your praises so will I”. (“As die skepping U lof besing, sal ek ook”) Het jy al ooit gedink hoe die skepping die heeltyd van God sing?

Ons is nooit gemaak om God alleen te aanbid nie. God het elkeen van ons uniek gemaak, maar ons is almal gemaak om Hom saam met die res van die skepping te aanbid. Daarom, as ons God ken en liefhet, moet ons lof en ons aanbidding nie iets wees wat net in ons kamers gebeur nie, maar dit moet gebeur saam met ander.

Ek geniet dit om allerhande Christelike musiek in my kamer en op my foon deur die dag te luister, maar wat ek meer geniet, is om saam met ander te aanbid. Wanneer ons saam met ander aanbid, stem ons saam met mekaar dat God goed is en dat Hy ons liefhet. En so weet ons nie net wie God is nie, maar ons deel wat ons glo met ander.

Ons aanbid God die beste wanneer ons God met ander deel.

Gebed: Here, help my om saam met ander mense te aanbid en nie net in my eie ruimte te bly nie. Wys my asseblief maniere waarop ek saam met ander in my alledaagse lewe kan aanbid … Amen.

Uitdaging: Wanneer jy weer na ‘n kerkdiens gaan, neem ‘n paar minute om in te neem dat jy saam met soveel mense gekom het om God te aanbid. Hoe laat die gedagte jou voel? Bid ‘n stille gebed aan God oor die wonder van aanbidding voordat jy begin saamsing.