What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

One for all and all for Jesus!

2 Timoteus 2:11

Ek praat die waarheid: as ons saam met Jesus gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef.

Ons groepie pelle op skool het alles saamgedoen. Saam gelag. Saam gehuil. Saam stout gewees. Saam pak gekry. Ek vermoed dit is hoekom ons nog steeds na ‘n klomp jare om elke hoek en draai ’n verskoning soek om ’n vleisie op die vuur te gooi.

Ek onthou nog dat daar ander ouens ook die groep ge-join het. Maar hulle het nie lank gehou nie; hulle het sommer self die groepie verlaat. Ek het altyd gewonder hoekom? Ek besef nou dat dié ouens nie lekker ingepas het nie. Hulle wou die dinge doen soos hulle wou. Hulle wou nie eintlik die dinge doen soos ons die dinge wou doen nie. Hulle kon nie saam met ons skree: One for all and all for one nie.

So werk dit ook met Jesus se groepie. Ons is saam met Hom een. Ons het spreekwoordelik saam met Hom aan die kruis gesterf, maar ook saam met Hom opgestaan en die dood oorwin.

Daarom moet ek seker maak dat ek in alles ook deel is van die Jesus vriendekring. Ek kan nie sommer net my eie dinge doen nie. Ek kan nie besluit ek vat nou ’n ander rigting as Jesus en my pelle nie. Nee, ons is mos One for all and all for one. Ons as Jesus se pelle probeer ons bes om almal saam soos Jesus te doen. Dan skree ons almal: “One for all and all for Jesus!”

One for all and all for Jesus!

Gebed: Here, dis nie altyd vir my maklik om te doen soos ek weet ons as Jesus se vriende moet doen nie. Vergewe my. Help my om meer te doen soos U wil… Amen.

Uitdaging: Maak jou pelle bymekaar, bespreek die Padkos stukkie en vra die volgende vraag: Hoe kan ons saam Jesus beter volg?