What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Onberispelik vir God en jou huweliksmaat

1 Tessalonisense 4:7: “God gee glad nie aan ons die reg om seksueel losbandig te leef nie. Inteendeel, ons hele lewe moet wys dat ons nou aan Hom behoort!”

In vandag se lewe dink baie dis cool om losbandig te lewe en om seks te hê voor die huwelik. Almal sê vir jou dis reg, dis die in-ding vandag, maar ek sê vir jou: “Stop! Dis nie cool nie! En dis nie wat God vir Sy kinders wil hê nie!” 

God wil hê jou liggaam moet rein en onberispelik wees vir jou huweliksnag, want after all is jou liggaam Sy tempel en wil Hy hê die eenwording van 2 liggame moet heilig wees en wag tot jy en jou maat getroud is! So baie dinge kan verkeerd gaan en ‘n verhouding kan verbrokkel: die dood kan ‘n rol speel of dalk ‘n ander party en dan het jy dit wat rein en heilig is weggegee net omdat jy gedink het jy moet iets aan jou maat bewys.

Dis nie wat God wil hê nie en as Christen moet jy God se wette eerbiedig en gehoorsaam. As jou verhouding om een of ander rede verbrokkel, sal jy op die ou end vuil en skuldig en leeg voel en sal jy voel jy het iets spesiaals verloor! En hoekom? Net omdat jy iets aan jou maat wou bewys of om ander te please!

Staan sterk en eerbiedig God se reëls. Hy weet hoe hartseer ‘n verbrokkelde verhouding jou kan laat voel! Wees maar geduldig en wag vir jou huweliksnag, dan is daardie gevoel spesiaal. 

As jou maat nie jou gevoelens respekteer nie, is hy of sy jou nie werd nie!

Uitdaging: Hou vas aan God se wette en hou jou liggaam skoon.

Gebed: Vader, maak my sterk om nie toe te gee aan my drange nie. Amen.