What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Om met ander gelowiges te ontmoet maak uit die bed opstaan die moeite werd!

Hebreërs 10:25

…daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.

Ons was al almal daar – dis Sondagoggend en die heel laaste ding wat jy wil doen, is om uit jou warm, gemaklike bed te kom. Jy weet, dit is redelik normaal om soms nie te wil kerk toe te gaan nie. Party dae sien ons net nie waaroor al die hype is nie.

Maar die ding is, kerk het nog nooit gegaan oor die hype nie. Dit het nog nooit gegaan oor hoe goed die worship gaan wees nie en of die coolste dominee daardie Sondag preek nie. Ons issue is dat ons dikwels na die kerk op dieselfde manier kyk as wat ons na ander dinge kyk: ons wil net hê dit moet die maksimum hoeveelheid pret wees.

Maar as ons nou real raak, weet ons dat kerk of Sondagskool nie altyd pret gaan wees nie. Dit gaan jou uitdaag, dit gaan jou los met vrae wat jy nie maklik kan beantwoord nie. Maar weet jy wat die beste deel is? Kerk is die plek waar jy nooit alleen sal wees nie. Dit is ‘n plek waar ons saam uitgedaag word en saam met ander gelowiges in geloof kan loop. Dis die moeite werd om daarvoor uit die bed te kom!

Om met ander gelowiges te ontmoet maak uit die bed opstaan die moeite werd!

Gebed: Liewe God, ek is jammer dat ek soms nie uitsien om kerk toe te gaan en ander te ontmoet wat in U glo nie. Help my asseblief om die waarde daarin raak te sien om saam met Christene te kuier. … Amen.

Uitdaging: Probeer om 3 redes te noem waarom jy hierdie week opgewonde kan wees om kerk toe te gaan.