What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Om die regte ding te doen, gaan oor meer as reëls

Johannes 5:8-10

8“Staan op!” sê Jesus. “Vat jou slaapmat en stap hier weg.” 9Die man het dadelik gesond geword. Hy het sy slaapmat opgetel en weggestap. Dit het op die sabbat gebeur. 10“Dit is die sabbat vandag,” gaan die Jode die man teë. “Jy mag mos nie vandag jou slaapmat dra nie.”

Dis so obvious, reg? As ons altyd die reëls volg, sal ons altyd die regte ding doen… Wel, nie heeltemal nie. In Jesus se dae het hulle heilige rusdag, die Sabbat, op ‘n Saterdag geval (die Joodse mense volg dit vandag steeds), wat beteken hulle mag niks werk doen nie… nada… nul… nie eens die dra van ‘n mat nie.

Dit is duidelik dat die Fariseërs meer belanggestel het om die reëls te volg (waarvan hulle baie self opgemaak het) as om te doen wat reg, goed en regverdig was. Hulle het gedink as hulle godsdienstig is, sal God baie gelukkig wees en dat Hy hulle dan sou seën.

‘n Man het pas gesond geword van ‘n siekte wat hom baie swak gemaak het vir 38 jaar. Omdat hy so bly was, het hy gedoen wat Jesus vir hom gesê het en sy mat gevat en geloop. Die Fariseërs het ‘n probleem gehad hiermee, want die man het niks gedoen om genees te word nie – hy het nie eens die reëls gevolg nie. Hy het net gehoop vir genesing en vir Jesus se hulp gevra.

Om die regte ding te doen, gaan oor meer as reëls.

Gebed: Here, U hou daarvan as goeie dinge gebeur – selfs as ander mense nie saamstem nie. Help my asseblief om nederig te wees en op U te vertrou eerder as om in U goeie boekies te probeer kom, net omdat ek die reëls volg. Amen.

Uitdaging: Is daar iets wat jy doen net omdat jy dink God sal daarom meer van jou hou? Genade beteken dat ons niks kan doen om God se liefde te verdien nie. Ons kan net in nederigheid Sy liefde aanvaar wat Hy vrylik gee. Lees Johannes 5: 1-18 en laat die teks jou uitdaag.