What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Om die regte ding te doen, gaan nie oor ons nie

Lukas 6:9-11

9Toe vra Jesus vir die godsdienstige leiers: “Sê ’n bietjie vir My: Moet ’n mens op die sabbat goed doen, of moet ’n mens slegte dinge doen? Moet ’n mens iemand anders se lewe red, of moet jy hom doodmaak?” 10Jesus het om Hom gekyk, maar niemand het dit gewaag om iets te antwoord nie. Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen. Dit was gesond, so goed soos nuut. Die godsdienstige leiers was briesend daaroor. 11Dadelik het hulle begin planne maak hoe hulle van Hom ontslae kon raak.

Die Fariseërs het ‘n baie groot deal gemaak van die Sabbat. Daar was baie dinge wat hulle geglo het jy mag nie doen op ‘n Sabbat nie. Vir hulle was dit ‘n bietjie van ‘n kompetisie: wie volg die reëls die beste? Elke Fariseër wou goed lyk in ander se oë.

Hulle was so gefokus op dit wat hulle nie mag doen nie, dat hulle skoon vergeet het om te doen wat hulle veronderstel is om te doen, soos om  liefdevol en verdraagsaam te wees. Vir Jesus was dit belangriker om lief te hê en om te gee as om reëls na te kom wat mense gemaak het.

Kyk ‘n bietjie na jou eie hart. Doen jy net wat reg is omdat dit ‘n reël is wat gevolg moet word? Is dit omdat dit jou laat goed lyk? Of doen jy dit omdat jy graag wil lewe soos Jesus gelewe het – vol liefde vir God en ander?

Om die regte ding te doen, gaan nie oor ons nie.

Gebed: Jesus, ek is jammer dat ek nie altyd U voorbeeld volg en meer fokus op liefde as op reëls nie. Help my om meer as net ‘n volgeling van reëls te wees. Amen.

Uitdaging: Watter reëls het jy vir jouself gemaak wat dit vir jou moeilik maak om die liefde van Jesus aan die mense rondom jou te wys? Bid daaroor en dink of daar enige van jou eie reëls is wat jy dalk moet verander of sommer net los.