What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Om braaf te wees begin met ‘n enkele tree van gehoorsaamheid!

Eksodus 3:10-12

10Gaan terug Egipte toe. Ek wil hê jy moet na die farao toe gaan. Jy moet my volk uit Egipte gaan uitlei.” 11Moses het toe vir die Here gesê: “Wie is ék dan nou dat dit juis ek is wat na die farao toe moet gaan? En wie is ék dat ek die Israeliete uit Egipte moet uitlei?” 12Die Here antwoord hom: “Ek self sal saam met jou gaan. Wanneer jy die volk uit Egipte uitgelei het en hulle kom aanbid My by hierdie berg, sal dit die bewys wees dat dit Ek is wat jou gestuur het.”

Het jy al ooit gedink aan wat jou gunsteling reuk is? Ek geniet die reuk van ‘n vuurhoutjie wat pas aangesteek is. Maar ek verstaan ook dat vuur gevaarlik is, so ek blaas dit gewoonlik vinnig uit. Maar ek dink nie ek sou so braaf soos Moses gewees het om by ‘n brandende bos te gaan staan en my hand daarin steek nie.

Dis net die begin van God se journey met Moses. Hy was ‘n skaam ou wat nie baie selfvertroue gehad het nie. So hy het nie verstaan hoekom God hóm van alle mense wou kies om groot dinge te doen nie. Ons is soms bang om groot tree te neem om te doen wat God verwag, want ons glo nie ons is goed genoeg nie.

God gee ons tog die krag om Sy werk te doen aan die einde van die dag. En Hy het ‘n spesiale doel met ons elkeen. Is ons braaf genoeg om daardie eerste stappie te neem om God te vertrou?

Om braaf te wees begin met ‘n enkele tree van gehoorsaamheid!

Gebed: Here, help my om, soos Moses, braaf genoeg te wees om U te volg. Ek wil elke dag die klein treë neem wat my op U avontuur vir my neem … Amen.

Uitdaging: Is daar iets wat God op jou hart geplaas het om te doen? Neem vandag die eerste tree om dit in werking te sit.