What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kan jy dit glo?

Matteus 28:8

“Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan. Oorstelp van skok, maar nog meer van ontsaglike blydskap, het hulle gehardloop om die boodskap aan sy dissipels te gaan gee”

Het jy al ooit iets so amazing beleef dat jy net nie kon glo dat dit waar kon wees nie? Is dit iets wat jy vir almal vertel het, of iets wat jy oor stil bly? Die vroue wat na Jesus se graf toe gegaan het kon nie stilbly nie – toe hulle met hulle oë sien Jesus het opgestaan moes hulle gaan vertel. Nie net verskyn ʼn engel nie, maar boonop vind jy uit dat Jesus weer lewe.

Ek dink ons besef nie altyd hoe crazy die hele storie van Jesus se opstanding is nie. Dis menslik onmoontlik, tog het Jesus nie vir die dood die laaste woord gegee nie. Sou jy kon stil bly as iets so groot gebeur het? Seker nie, tog is ons baie kere stil oor wat ons glo en oor die ongelooflike storie van Jesus.

Opstanding Sondag is ʼn dag wat ons ook moet sien as ʼn dag wat skokkend is, maar wat ons so baie blydskap gee. Die dood het nie die laaste woord nie, en omdat Jesus lewe kan ons in daardie selfde lewe deel… En dis nou iets om oor te praat.

Oh wow, kan jy dit glo? Jesus lewe!

Gebed: Here ek is vandag heeltemal stomgeslaan as ek herinner word dat Jesus lewendig is en die dood oorwin het, dankie dat ek ook in U lewe kan deel as gevolg daarvan.

Uitdaging: Vra ʼn bietjie vandag vir iemand: ‘Hoe weird dink jy sal dit wees as jy hoor van iemand wat dood gegaan het en toe weer lewe?’ So kan jy dalk ʼn lekker gesprek begin om die amazing opstanding te deel met ʼn vriend of familielid.