What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Ons is nie te jonk om ʼn verskil te maak nie

1 Samuel 17:32-33

32Ons moenie oor hierdie man moedeloos word nie,” sê Dawid vir Saul. “Ek sal teen hierdie Filistyn gaan veg!” 33“Moenie verspot wees nie,” sê Saul. “Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ’n seun, terwyl hy van jongs af ’n vegter is!

Toe Dawid by die geveg uitkom tussen die Israeliete en Filistyne het hy gesien net hoe Goliat vir God en die Israeliete beledig. Hy kon nie daarvoor staan nie. Hy het geweet dat iets gedoen moet word. Maar toe hy voor Saul (die koning van die Israeliete) staan, het Saul gesê hy staan nie ʼn kans nie.

Ons hoor baie kere dat ons nie iets kan doen nie, want ons is “te jonk” of “net nog nie reg nie”. Weet jy dat God enigiemand kan gebruik om wonderlike dinge te doen? Terwyl die mense om ons dalk vir ons sê ons kan nie sekere dinge doen nie, roep God soms die ‘swakste’ mense wat net braaf genoeg is om te glo dat God enigiets kan doen.

Wat sien jy in jou lewe om jou raak wat moet verander? Waar moet jy ʼn verskil maak? Het enigiemand al vir jou gesê dat jy nie ʼn verskil kan maak nie? Wanneer dit kom by God se liefde vir die wêreld, is daar niks wat Hom kan keer om Sy liefde te bewys nie. En soms gebruik Hy my en jou al is ons nie noodwendig die ‘beste’ opsie nie.

Ons is nie te jonk om ʼn verskil te maak nie!

Gebed: Here, dankie vir wat ek kan leer uit Dawid se storie. Dankie dat U vir my ook gebruik om U grootheid aan ander mense te wys, al is ek nog jonk.

Uitdaging: Wanneer jy kans kry, lees vandag 1 Timoteus 4, waar Paulus ook vir Timoteus bemoedig. Timoteus was ook ʼn jong persoon gewees, wat God gebruik het om kerke te lei. Dis nogal indrukwekkend!