What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Net Jesus kan jou boeie afbreek

“Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom. God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.” 1 Korintiërs 10:13-14

Wanneer jy eksamen of ‘n toets skryf, kan dit vir jou voel of jy net wil vry kom van dit, maar natuurlik moet jy eers die toets skryf om vry te kom van daardie “gevangene” gevoel. Dieselfde vir ‘n persoon wat dalk in ‘n moeilike situasie sit waar dit vir hom ook nie so maklik is om uit daardie situasie te kom nie. Dieselfde met ‘n verslaafde persoon.

Die Here sê vir ons om ‘n gevangene te wees, kom nie van Hom af nie, maar van Satan. Dit is seker een van Satan se favourite dinge om te doen – om iemand in ‘n situasie te plaas waar dit moeilik is om uit te kom. Dis natuurlik Satan se doel: Om ons oor te wen vir hom.

Kyk na Job, hy het alles verloor! Sy werkers, boerdery, sy huis en sy familie! Dis hoe Satan hom versoek het om homself oor te gee aan die bose magte, maar die Here het belowe om nie Job se lewe te beëindig nie. En onthou, dit was Job se eie keuse of hy gaan oorgee. Soos julle die storie ken, as gevolg van Job se getrouheid en geloof in die Here, het die Here vir hom dubbel teruggegee wat Hy van Job weggevat het.

Die Here belowe dat Hy nie ons aan die Bad guys sal oorgee nie. Ook sal Hy sorg dat daar ‘n uitkoms vir jou situasie sal wees. Hy sal dit ook vir jou duidelik maak waar die uitkoms is. Dit hang van jou af of jy daardie afdraai gaan neem, of reguit aanry.

Gebed: Here, ek kom vra vandag dat U my sal kom vry maak van die tronktralies wat Satan om my kom bou. Kom breek die kettings van my hande af Here, en stap saam met my soos ‘n vry man uit die tronk, Heer. Amen!

Uitdaging: As jy sukkel met ‘n verslawing of ‘n situasie wat Satan jou mee vashou, vra ‘n vriend wat jy kan vertrou om saam met jou te bid dat die Here jou sal vrymaak.