What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Net God kan jou vol maak

1 Johannes 2:16 “Met wêreldse dinge bedoel ek dit; dit is begeertes wat deur menslike en wêreldse belange aangeblaas word sonder om met God rekening te hou; dit is om alles wat jou oë sien vir jouself en dit wat jy het te spog. Die dinge kom nie van die Vader af nie. Dit borrel op uit die fontein van die wêreld.”

Ons is bewus van hierdie dinge rondom ons. Dis dinge wat jongmense sal beskou as cool. Partykeer is hierdie dinge een van die voorwaardes as jy deel wil wees van ‘n gewilde groep vriende. Sommige vat die kans, terwyl sommige se gut feeling sê: Nee.

Vra jouself, as jy rook of drink, doen jy dit omdat jy wil in wees? Of dat jy dalk cool wil lyk? As daai een van jou redes is, is jy baie gepla oor wat mense van jou dink. Die Here sê vir ons dat die wêreld se belange nie van Hom kom nie. Dus moet ons nie onsself vol maak van die wêreldse belange nie!

Sodra jy die dinge van die wêreld begeer om “in” te wees, gaan jy net meer en meer en nóg meer wil hê. Dis hoekom die Here wil hê dat ons nie aanvaar moet word deur die wêreld nie, maar deur God se waardes. Dit is waar jy die werklike jy ontmoet.

Gebed:Here, help my om nie deurmekaar te raak met die wêreldse dinge en begeertes nie! Help my om op U te fokus en U waardes te leer, want dit is waar opregte geluk lê. Amen.

Uitdaging:As jy jou lewe vol maak van sulke wêreldse goed, los dit! Dis nie cool nie. Dalk vir jou vriende, maar vir die Here glad nie!