What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Neem vreugde in ander se vreugde!

Spreuke 1:11-15

11-14“Kom ons kul onskuldige mense. Ons laat goeie mense niksvermoedend in ons strikke inloop. Dan gaan hulle onder. Dan vat ons hulle goed en verryk onsself. Kom, wees deel daarvan.” 15Jongmens, moet tog nooit met sulke mense meng of met hulle saamwerk nie. Hulle doen altyd wat sleg is.

Ons lewe is deesdae so vol van foto’s, prente, gesegdes en stories van ander mense dat ons gereeld die fun dinge sal raaksien wat ander mense doen en hulle amper wil beny. En dit kan gevaarlik wees, want diep binne ons begin ons soms dink aan maniere wat ons daardie fun kan bederf.

Soms gebeur dit wanneer jy sien ‘n vriend iets op instagram plaas en iemand gooi ‘n lelike comment in wat ander mense intrek in ‘n geveg. En dink net wat gebeur as ons skinder agter iemand se rug. Ons dra soms by tot lelike dinge wat ander mense afknou en baie seermaak.

Ons kan soveel beter doen as dit. Is ons dan nie kinders van God nie? In stede daarvan om iets te doen of te sê wat iemand anders se fun sal bederf, kom ons wees eerder bly omdat hulle bly is. In stede daarvan om saam te praat wanneer lelike dinge gesê word, kom ons tree in vir die mense wat sleggesê word.

Neem vreugde in ander se vreugde!

Gebed: Here, ek is soms skuldig dat ek ander mense beny as hulle gelukkig is. Here, dit is ook net so moeilik as almal anderste lelike dinge sê om nie deel te neem nie. Help my om U liefde uit te straal in my woorde en aksies aan ander. … Amen.

Uitdaging: Volgende keer as iemand iets post op sosiale media, en jy word versoek om iets leliks te sê, vind iets positiefs en wees eerder bemoedigend.