What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Neem deel in die genesing van hulle wat siek en verwerp is!

Lukas 17:11-19

En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys.

Melaatsheid is miskien nie ʼn siekte wat ons vandag nog kry nie, maar daar is baie ander soorte siektes. Wat sou jy sê is die moderne weergawe van melaatsheid?

Daar is baie mense in ons samelewing wat verwerp word om verskeie redes. Siekte, gestremdheid, verslawing, noem dit maar op! Dis makliker om hierdie mense te ignoreer as om met hulle te praat, want hulle is anders as ons. Partykeer weet ons nie hoe om hulle te help nie, so dis makliker om te maak asof ons hulle nie raaksien nie.

God roep ons om waagmoed te hê en om die mense lief te hê wat oor ons pad kom. Partykeer kan ons nie mense se probleme vir hulle regmaak nie, maar ons kan op ander maniere help. Mense het verskillende behoeftes en God gee vir ons gawes wat ons met hulle kan deel.

Neem deel in die genesing van hulle wat siek en verwerp is!

Gebed: Dankie, Here, dat U my nooit verwerp oor fisiese of emosionele siektes nie. Dankie dat U vir my die waagmoed gee om ander lief te hê soos U my liefhet, en om hulle te help op die pad na genesing. Amen.

Uitdaging: Vind uit waar jy jou gemeenskap kan help om ʼn gesonder plek te word. Miskien kan jy ʼn rivier, parkie, of strand skoonmaak reël. Of miskien kan julle toiletware bymekaar maak en dit skenk vir mense wat behoeftig is.

Hierdie is deel 2 van #imagine se Bybelstudie Jesus ons Geneesheer