What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

’n Mens is nie ’n eiland nie

Hebreërs 10:24

Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar — oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade.

’n Tydjie gelede staan en wag ek vir my vriendin. Dit was tyd vir ons weeklikse koffie date. Toe sy uiteindelik by die gebou uitstap, sien ek haar oë is vol trane. Sy het pas baie slegte nuus ontvang. Ek aanvaar toe dat sy alleen wil wees, so ek dring toe aan dat ons die koffie uitstel. Haar reaksie het my bitter hard getref.

“Ja, ek wil nou alleen wees, maar ek weet dat dit nie goed is vir my nie. As ek nou oorgelaat word aan my eie gedagtes, gaan ek net nóg meer ongelukkig word.”

Hoe inspirerend! Sy het geweet dat sy haarself in ’n omgewing moet plaas wat die beste is vir haar gemoed, al is dit nie waarvoor sy lus is nie. Sy het ‘n baie belangrike bybelse beginsel verstaan — ons het mekaar nodig.

Paulus moedig die Hebreërs aan om konstant aandag te gee aan mekaar. In tye van nood, of selfs wanneer dit goed gaan, is dit nodig om mekaar te herinner aan God se plan met ons elkeen se lewens.

Gebed: Here, dankie dat U my omring met mense wat lief is vir U. Ek vra dat U vir my sal wys wie daardie mense is, sodat ons mekaar kan aanmoedig in liefde. Amen.

Uitdaging: Vra iemand wat vir God dien om jou daagliks aan Sy plan vir jou lewe te herinner, en om uit te lig wanneer jy nie in liefde optree nie. Kry ’n accountability partner.