What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

My ware hoop

In die plek van die 5 Padkos-stukkies wat jy elke dag ontvang, beplan ons songs, videos en quotes vir die 3 weke vakansie.

Hebreërs 11:1 Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel nie dat Hy sy beloftes sal hou en om daarna uit te sien. Ons kan dit wel nie nou al sien nie, maar ons weet vir seker dat dit sal gebeur.

Wat is hoop? Ons kan dit wel nie nou al sien nie, maar ons weet vir seker dat dit sal gebeur. Ons kan hoop vir ‘n mooi sonskyn dag môre sodat my groot rugbywedstryd nie uitreën nie, ons kan hoop dat my ma en pa nie weer vanaand baklei nie, ons kan hoop vir beter punte, maar dit is net oppervlakkige hoop. Ons moet hoop hê wat gegrond is op die regte fondasies. Ons moet hoop hê in God. Dat Hy sal voltooi wat Hy begin het. Soos wat daar staan in Hebreërs 6:18 Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word, kan daarom vir seker weet dat God Sy beloftes sal hou.

God het al vandat Hy die Aarde geskep het, Sy beloftes nagekom. Hy het vir Jakob belowe Hy gaan sy nageslag in die beloofde land inlei. Dit het jare gevat, maar eventually het Joshua God se mense in die land van melk en heuning ingelei. As ons hoop vir iets, moet ons hoop met die wete dat dit wel gaan gebeur as dit binne God se wil is.

Uitdaging: Vat 3 minute vandag en sê vir God dankie dat jy hoop kan hê in Hom. Dit is ‘n hoop wat ons deur moeilike tye dra. ‘n Hoop wat ons hoop gee.

Gebed: Here, dankie dat ek weet dat U in beheer is van my lewe. Ek weet dat U voltooi wat U begin het. Ek is op reis saam met U. Help my om kop bo water te hou. Help my om te aanvaar dat ek nie altyd U plan vir my lewe kan sien nie, maar dat ek juis daarom sal vrede vind in die wete dat U weet wat U doen. Amen.