What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

My verhouding met my God

“As jy regtig jou liefde wil toets, toets dit hieraan: liefde beteken om bereid te wees om doodgemaak te word ter wille van jou vriende, net omdat hulle jou vriende is.” – Johannes 15:13

Hoe is jou verhouding met jou vriende? Kom jy en jou ouers goed oor die weg? En het jy selfs iemand spesiaal in jou lewe vir wie jy baie omgee? Hoe lyk jou verhouding met die Here? Onthou: Die Here wil ook graag ‘n verhouding met jou hê.

Jesus het ons só liefgehad dat Hy bereid was om al die skuld en sondes van almal op Homself te neem en daarvoor te sterf. Hy het dit gedoen sodat ons kan verstaan wat ware liefde is. Hy het Sy eie behoeftes eenkant toe geskuif sodat ek en jy kan leef.

Jesus wil hê ons moet Sy voorbeeld volg van onvoorwaardelike liefde en dit deel met die wêreld daar buite. Ons kan dit net regkry as ons self in ‘n verhouding met die Here staan en Sy liefde ervaar. Die Here wil hê ons moet Hom ken sodat ons aan die wêreld kan wys en vertel wie Hy is.

Gebed: Here, help my om ‘n verhouding met U te hê, sodat ek U liefde met die wêreld kan deel. Amen.

Uitdaging: Wanneer jy bid, probeer om ook te luister wat die Here vir jou wil sê in Sy Woord.