What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

My identiteit

Hierdie is ‘n moeilike onderwerp. ‘n Onderwerp wat baie seer en onsekerheid veroorsaak. Wie is ons regtig? Wat maak ons hier? Wat is my doel op aarde?

In die week sien ek iemand se story op Instagram. Die vraag wat gevra was, is: “Hoe vind ek my identiteit?” Ek moet sê, die vraag het my nogals laat besef hoe baie mense opsoek is. Hulle is opsoek na wie hulle regtig is en waar hulle inpas in hierdie veranderende wêreld.

Ek is besig met die boek There were two trees in the Garden deur Rick Joyner. Hy skryf: “Man was created in the image of God and can only know his true identity when he is rightly related to God.” Dit het nogals my oë laat oopgaan. Dit beteken dat as ons God se hart, liefde en omgee vir ons ken, sal ons, ons identiteit in Hom vind.

Ja, ons het al almal gehoor dat ons, ons identieit in God moet vind. Dit is al baie beklemtoon, maar tog so waar. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer word ons identiteit ontbloot. Ons begin besef wat God vir ons lewens beplan het en wie ons regtig is. God het ons presies gemaak soos wat Hy wil hê. God maak nie foute nie.

Uitdaging: Moenie jou steur aan die druk van buite nie. Wees wie God wil hê jy moet wees. Hy is die enigste Een aan wie se deur jy kan gaan klop vir aanvaarding.

Gaan kyk hierdie 1-minuut YouTube video: https://www.youtube.com/watch?v=hsDQEb-qlyM

Gebed: Here, help my om myself te aanvaar vir wie ek is. Help my om ander ook te aanvaar soos Christus hulle aanvaar. Dankie dat ek weet U het my gemaak volgens U beeld. Amen.