What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

My Helper

Johannes 14:16 “Ek sal met die Vader praat. Hy sal vir julle ’n spesiale Helper stuur. Hierdie Helper ken net een pad en dit is die pad van die waarheid.” 

Onthou jy daardie cheat op Sims? Die een waar jy Ctrl+Shift+C op jou keyboard druk, dan verskyn daar sommer ’n miljoen dollar in jou mannetjie se bankrekening. Dit voel vir my of die Heilige Gees ons Ctrl+Shift+C is. Ons het letterlik ’n Helper gekry! ’n Voorsprong in die lewe. ’n Maatjie wat ons sal troos, lei en beste van als —ons nooit ooit sal drop nie!

In Johannes 16:33 waarsku God dat ons in hierdie lewe swaarkry gaan beleef, maar dit beteken nie dat ons alleen daardeur moet gaan nie! Hy beloof dan ook dat die Heilige Gees vir ewig daar sal wees om ons te help, maar dit beteken nie dat Hy alles vir ons sal doen nie. Ons moet ook ons kant bring. Dit help nie ons vra Hom een minuut voor ons eksamen om die antwoorde vir ons te gee, omdat ons nie geleer het nie, maar ons kan Hom voor die tyd vra om ons te help om goed te fokus, die werk vinnig te verstaan en alles te onthou.

Om die Heilige Gees te vra om te help, kan ook beteken dat ons dan actually vir Hom moet luister. Wat help dit jy vra jou Wiskunde onderwyser om jou met ’n som te help, maar jy luister nie na die verduideliking nie?

Een ding wat ons ook altyd moet onthou, is dat Hy ons wil help! Dit is Sy hartsbegeerte dat ons op Hom moet staatmaak. Hy is soos jou sakrekenaar in ’n Wiskundetoets. Hoekom sal jy die somme self probeer maak wanneer jy net die syfers kan intik? Die kans dat die sakrekenaar reg is, is in elk geval baie groter.

Uitdaging: Wanneer jy vashaak met iets (of selfs wanneer dinge goed verloop), vra die Heilige Gees om jou te lei. Glo my, jy kan maar ‘n groot verandering verwag!

Gebed: Heilige Gees, dankie dat U altyd daar is vir my. Herinner my asseblief in elke situasie hieraan: dat U klaar die antwoord weet en dat U dit vir my wil vertel. Amen.