What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

My grafiek kronkel

Hebreërs 13:8 Jesus Christus bly immers dieselfde. Soos Hy gister was, is Hy vandag en sal Hy môre ook wees.

Vandag staan jy met die verkeerde voet uit die bed op en môre kan niks jou vriendelike persoonlikheid omkrap nie. Ons grafiek bly nie konstant nie.

Wanneer iets opwindend gebeur, is ons dadelik in ’n goeie bui, maar wanneer iets oor ons pad kom waarmee ons nie saamstem nie, verander ons van gelukkig tot ongelukkig binne ’n paar sekondes. Ons kan dit nie help nie. Al wil ons konstant in ’n goeie bui wees, slaan die duiwel ons plat en verskyn daar ’n donderwolkie bo-oor ons kop.

Jesus is nie so nie. Hy bly konstant. Hy sal altyd dieselfde bly. Hy sal ons altyd liefhê. Dít is hoekom ons op Hom moet vertrou. Wanneer ons nie seker is oor wat die Here vir ons beplan nie, moet ons in die Woord gaan kyk. Daar is al Jesus se voetspore uitgeskryf. Dit beteken dat ons gerus kan wees en ons hele lewe in Sy hande neerlê, want Hy het nog nooit ’n fout gemaak nie.

Gebed: Dankie, Here, dat ek op U kan vertrou. Dankie dat ek kan weet U bly dieselfde en sal nooit verander nie. Help my om U te vertrou met alles in my. Amen.

Uitdaging: Dink aan iets waarmee jy vandag worstel. Skryf dit op ’n papier neer en gee dit vir die Here. Soos Hy die mense in die Bybelse tyd gehelp het, net só sal Hy jou vandag ook help.