What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

My beste vriend

Wie is Jesus nou eintlik? Ons weet Hy is die Seun van God, maar terselfdertyd was Hy Maria en Josef se Seun. Hy was ‘n timmerman en ‘n geneesheer. Jesus is die Alfa en die Omega, die begin en die einde (Openbaring 22:13). Hy is die Een wat was, wat is en wat kom (Openbaring 1:8). Jesus het mens geword om vir ons sonde aan die kruis te kom sterf. Jesus is so onselfsugtig. Hy het Sy eie lewe vir my en jou gegee. 

“Christianity is God coming down to men and women through Jesus Christ.” Johannes 1:14 Jesus het toe as mens aarde toe gekom. ’n Mens kan  Hy het onder ons kom huis opsitOns het gesien hoe belangrik en wonderlik Hy is. Net die unieke Seun van die Vader is so groot en belangrik. Hy was soos ’n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. By Hom kon ons ontdek wat regtig waar en eg is. 

Al hoe ek vir mense kan verduidelik wie Jesus Christus regtig is, is om vir hulle te vertel wat Hy al in my lewe gedoen het. Hoe Hy my lewe heeltemal kom transformeer het en hoe ek heeltemal anders is na ek met Hom in aanraking gekom het. As ek oor Jesus praat, of even net op my eie aan Hom dink, begin daar so iets in my wakker raak.  

Jesus is deel van my alledaagse lewe. Ek praat met hom en Hy luister. Hy gee my raad, is die hele tyd by my en help my deur moeilike tye. Hy is daar as ek ‘n skouer het om op te huil. Ek voel nooit ooit alleen as ek besef Jesus is by my nie. Hy laat my nooit in die steek nie. Jesus Christus is werklik my beste vriend. 

Gebed: Jesus Christus, dankie dat U my beste vriend is. Dankie dat U afgekom het om my te verlos van my sonde en dat ek nou na ‘n ewige lewe saam met U kan uitsien. Help my om U teenwoordigheid te crave en dat ek U nog beter wil leer ken. Kom openbaar Uself aan my. Amen. 

Uitdaging: Ek nooi jou uit om hierdie beste vriend van my beter te leer ken. Hy kan jou beste vriend ook raak. Jou lewe gaan handomkeer verander.  

Gaan lees die boek More Than a Carpenter van Josh McDowell en Sean McDowell.