What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moenie verby kyk as iemand swaarkry nie! – #imagine Maandae

Lukas 10:25-35

33“Toe kom daar ’n Samaritaan verby. En, soos jy weet, is die Samaritane en die Israeliete nie vriende nie. Maar hierdie Samaritaan het gaan stilstaan om te kyk wat die beseerde man makeer. Toe hy sien hoe die arme man lyk, het hy hom baie jammer gekry. 34Hy het dadelik die medisyne uitgehaal wat hy by hom in sy tas gehad het en die man se wonde skoongemaak. Hy het hom toe verbind en versigtig op sy donkie getel. Die Samaritaan is toe na die naaste herberg toe. Daar het hy die man in die bed gaan sit en hom versorg.

Meer as 200 000 mense in Suid-Afrika leef op straat. Dink aan mense wat deel is van jou alledaagse lewe wat jy nooit raaksien nie: die hawelose man op straat, die ou tannie wat koerante verkoop, of selfs van die tieners in jou klas by die skool.

Hierdie teks daag ons baie uit. Voordat die Samaritaan by die Jood stilgehou het, was daar twee ander mense (een was selfs ‘n dominee!) wat eerder aan die ander kant van die pad gestap het sodat hulle hom nie in die oë hoef te gekyk het nie. Hoe gereeld stap ons nie aan die ander kant van die pad of gang om iemand se oë te vermy nie? Wat hierdie verhaal nog meer interessant maak, is die feit dat Samaritane en Jode eintlik aartsvyande was!

Hierdie teks herinner ons dat ons liefde vir mekaar vanuit God se liefde vir ons kom. Ons moet ander liefhê soos onsself, en ons kry dit reg deur God se genade.

Moenie verby kyk as iemand swaarkry nie!

Gebed: Here, dankie dat u vir my oë gegee om almal rondom my te sien. Here, help my om my oë oop en eerlik te hou sodat ek myself nie sal blind maak vir ander se swaarkry nie, maar dat ek eerder u opdrag tot liefde daarin sal raaksien.

Uitdaging: Groet die vreemdelinge wat jy hierdie week sien. Kyk hulle in die oë en vra vir hulle wat hulle naam is.

 

Hierdie is deel van #imagine se bybelstudiereeks Surprisingly different – oorspronklik getiteld Verras deur ‘n vreemdeling