What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moenie moed verloor as God jou toekoms bepaal nie!

Spreuke 16:9

Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.

Volgende jaar is my 10-jaar reünie van Hoërskool. Dit voel vir my na een van die weirdste dinge op aarde. Ek het nie in matriek gedink ek sal hier wees op 27 nie. Ek het al hierdie idees gehad wat ek graag wou doen voor ek 27 sou word. Een van hulle was om te trou. En check my nou, nog so single soos ‘n pringle.

Ek wou dinge doen soos oorsee gaan reis, ‘n klomp tale aanleer en ‘n musiekalbum vrystel. Ek het groot gedroom, maar om eerlik te wees, dit was alles net my fantasie. God kan my dalk nog die geleentheid gee om ‘n paar van die dinge te bereik. Ek kan darem reeds ‘n paar daarvan af-tick.

Ek weet daar is tye wanneer ek terugkyk en wens dit of dat het anders gebeur. Volgens my sou dit dan my big-break wees om reg te kry waaroor ek gedroom het. Maar jy weet, deur die jare was daar ‘n bietjie meer trane as waarop ek gehoop het, maar altyd, altyd was God by my.

En toe ek besef hoe naby God is, toe weet ek dat waar ek nou is nie vir Hom onkant gevang het nie. Hy is nie verbaas dat ek nie sekere dinge kon af-tick nie. Nee, ek is in Sy plan vir my. God weet waarheen Hy my wil neem. Ek moet Hom net aanhou volg in die klein alledaagse dingetjies.

Moenie moed verloor as God jou toekoms bepaal nie!

Gebed: Jesus, dankie vir U liefde wat my leer dat U naby is. Dankie dat my hele lewe in U hand is en dat niks U onkant kan vang nie. … Amen.

Uitdaging: Waaroor droom jy vir die volgende 10 jaar? Lê dit voor God neer en vra vir Hom om jou toekoms te stuur, al beteken dit jy mag dalk van daai dinge nie bereik nie.