What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moenie jou hart te gou weggee nie

1 Korintiërs 13:4

Die liefde is geduldig en vriendelik …

Al ooit iemand ontmoet vir die eerste keer en jy voel jou hart klop sommer ewe skielik tweeduisend keer vinniger? Dalk is dit hulle oë, die manier waarop hulle lag, die manier waarop hulle optree. Dit is ongelooflik maklik vir meeste van ons om ‘n crush te ontwikkel.

Maar dink net gou logies daaraan. Imagine jy het besluit dat die volgende persoon oor wie jy so ‘n ewe-skielike gevoel kry, die persoon is met wie jy eendag gaan trou. Klink vir my na ‘n resep vir mislukking – veral as jy nie die tyd neem om iemand beter te leer ken nie. Paulus praat nou natuurlik nie hier spesifiek van ‘verlief’ wees nie, maar ek dink ons kan dit vir seker daarop toepas.

Ons moet versigtig wees oor hoe vinnig ons ons harte oopmaak en weggee aan ander mense. En selfs al is ons in verhoudings moet ons steeds versigtig en stadig trap, want ware liefde gee om vir die ander persoon en beskerm hulle ten alle tye.

Moenie jou hart te gou weggee nie

Gebed: Here, U weet wat in my hart aangaan. Help my om geduldig te wees terwyl ek my oë op U rig, en mag ek nie my hart te vinnig weggee nie. Amen.

Uitdaging: Werk ‘n praktiese manier uit om jouself te vang as jy te vinnig jou hart wil weggee aan iemand anders.