What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moenie gedruk word nie

Psalm 1:1-2 God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie. Jy hardloop nie agter elke nuwe sonde op die mark aan nie. Jy is ook nie bevriend met daardie spul wat met God spot nie. God is baie bly omdat jy sy Woord geniet. Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.

Was jy al by ‘n kuier waar almal drink al is hulle nie 18 nie? Het jy al gehelp om ‘n skinderstorie verder in die pad af te stuur? En het jy dalk al dieselfde gedoen net omdat al die ander dit doen?

Het jy al vir jouself gevra: “Hoekom doen ek dit? Is dit wat ek nou doen, ‘n teken dat ek ‘n keuse gemaak het om agter Jesus aan te stap? Die Psalmdigter waarsku ons dat ons moet oppas met dit wat ons doen en sê en ons moenie net iets doen omdat dit in is omdat almal dit doen nie. Ons gedagtes moet op God gerig wees en Sy wil moet ons aksies dag en nag beïnvloed.

Partykeer gaan dit nie maklik wees om nee te sê as jou vriende jou vra om dit of dat te doen omdat dit cool is nie. Kies eerder om dit nie te doen nie, want dan begin jy in die regte rigting loop – agter Jesus aan.

Kies reg, Kies Jesus!

Gebed: Here, ek voel baie keer dat ek verkeerde keuses maak omdat my vriende wil hê ek moet dit doen. Help my om vreugde te vind in U woord en my dag en nag so te rig dat ek ‘n lewe na U wil leef. Amen.

Uitdaging: Probeer vandag om nee te sê vir iets waarmee jy nie gemaklik is nie.

NS: Die wêreld is maar rof daar buite. Hy gooi allerhande curveballs wat ons partykeer sukkel om te dodge. As jy weet van iemand wat ook hierdie Padkos stukkies van Roadtrip247 sal geniet, beveel hulle aan. WhatsApp hulle naam, van en taalvoorkeur na +27670501480.

BAIE NB! Roadtrip247 se nommer (+27 67 050 1480) moet onder hulle contacts gestoor word. Ons maak gebruik van broadcasting en as hulle nie Roadtrip247 se nommer op hulle foon gestoor het nie, sal die boodskap nie by hulle uitkom nie.