What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moenie die leuen glo dat jy alleen is nie

Psalm 32:7-8

7U beskerm my. U pas my op in elke krisis. U laat my uitroep van vreugde wanneer U my red.

8Hy het gesê: Ek is soos ’n onderwyser vir jou. Ek vat jou aan die hand om jou op die regte pad te lei. Ek sal jou elke keer die regte raad gee. Ek sal jou oppas.

Een van die grootste leuens wat baie van ons glo oor die lewe is dat ons alleen is in ons moeilikhede. Van al die leuens, is dit die een wat ek glo ons vyand die meeste geniet om te versprei. Sodra ons dit glo, is ons geïsoleerd en kwesbaar vir selfs nog meer moeilikheid.

Wat is die beste manier om onsself dan te beskerm teen die leuen? Wel, dis om die waarheid te ken en dit te glo. Die psalmskrywer het dit goed geken. Hy het geweet dat God die Een is wat hom beskerm in moeilikheid. Hy het geglo dat God hom sal oppas in elke situasie, maak nie saak hoe rof dit gelyk het nie.

Dalk is dit tyd dat jy ook die waarheid deel maak van wat jy glo. As dinge rof gaan, weet ons dat God die eerste persoon is waarheen ons kan gaan. Hy sal saam met ons stap en ons hand vat met elke enkele tree. Jy is nie alleen in hierdie ding nie. Moenie daardie leuen glo nie.

Moenie die leuen glo dat jy alleen is nie.

Gebed: Here, dankie dat ek weet ek is nie alleen in my moeilikheid nie. Dankie dat U soos ‘n goeie onderwyser my die regte pad wys en my toevou met U liefde wanneer ek dit so nodig het … Amen.

Uitdaging: Luister na die song “No longer slaves” – die liedjie maak van hierdie vers gebruik.