What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Moenie dat jou aandag van Jesus afgetrek word nie!

Galasiërs 1:6

Wat is dit deesdae met julle? Ek kan nie glo dat julle so gou van God af weggedraai het nie. Het julle vergeet dat Hy julle sy kinders gemaak het omdat Christus so ongelooflik goed vir julle was?

Ons lewe in ‘n wêreld waar ons stemme van alle rigtings hoor wat vir ons sê hoe om deur die lewe te gaan. Sommiges sê dat ons net in die oomblik moet leef en sê jy moet alles probeer wat jy kan omdat jy net een keer jonk is. Ons moet versigtig wees vir die stemme van die wêreld.

Baie jongmense leef deesdae in ‘n YOLOi-kultuur (d.w.s. dit gaan meer oor wat ons wil doen as God se wil). Maar ons moenie vergeet hoe awesome Jesus is nie. God het nie Jesus aarde toe gestuur net omdat Hy verveeld was nie. Jesus het gekom om ons werklik lewe te gee.

Ons kan mos nie dan leef asof dit alles vir niks was nie. Ons moet gereeld ons lewenspatrone dophou en onsself afvra of ons werklik leef in die volheid wat Jesus vir ons wil hê. Hoe meer ons bou aan ons verhouding met Jesus, hoe meer sal ons ware lewe ervaar en nie omgeboul word deur dit wat die wêreld om ons verwag nie.

Moenie dat jou aandag van Jesus afgetrek word nie!

Gebed: Here God, dankie dat U my so liefhet dat U vir my kom wys het wat ware lewe is in Jesus. Help my om te onthou hoe awesome U is in die tye wat ander stemme my aandag probeer aftrek. Amen.

Uitdaging: Gee vir die res van die week een ding op wat jy weet jou aandag aftrek van Jesus se goedheid. Hoe kan jy daardie tyd gebruik om Jesus beter te leer ken?

iYOLO staan vir You Only Live Once