What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Met opregte geloof kan ons ‘n verskil maak!

2 Timoteus 2:22

…Gebruik liewer jou energie op ’n ander manier. Probeer liewer reg lewe, op God vertrou en lojaal wees teenoor Hom en die ander Christene…

Ons volle fokus die week is op een vers. Sjoe, is dit nie amazing hoe baie die Bybel vir ons kan leer nie? Timoteus was ‘n jong man toe Paulus vir hom vertel het oor hoe God wil hê jong mense moet lewe. Paulus het geglo dat ons jonk-wees moet benut deur die dinge van God na te jaag.

Twee van dié dinge wat hy noem is opregtheid en geloof. As ons opreg leef, beteken dit dat ons kies om die dinge te doen wat wys hoe God ons lewens verander het. Ons moet ook op God kan vertrou as jong mense. Die teenoorgestelde van opregtheid en vertroue is om te lewe asof niks saak maak nie en om vir God eenkant toe te stoot.

Maar God kan nie eenkant toe gestoot word nie. Hy bly deel van ons dag al doen ons dinge wat nie volgens Hom goed is nie. God wil die beste vir ons hê. Soos ons groei in ons liefde vir Hom sal ons opregte geloof al hoe meer duidelik raak sodat ons regtig ‘n impak in ons wêreld maak.

Met opregte geloof kan ons ‘n verskil maak!

Gebed: Dankie, liewe Here, dat U nie opgee op my nie. Help my om ook nie op te gee op U nie. Ek wil graag met ‘n opregte geloof lewe sodat ek ‘n verskil kan maak in die wêreld om my. Amen.

Uitdaging: Dink aan ‘n tyd wat jy God probeer wegstoot het. Hoekom dink jy stoot ons soms vir God weg? Dink na oor wat ons kan doen om eerder naby aan God te bly.