What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Met jou moed in jou skoene

Psalm 43:1-5 … Beskerm my teen oneerlike skelms wat my mishandel. By U voel ek veilig, God. U beskerm my. Maar hoekom los U my nou alleen? U verwerp my. Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyande my laat swaarkry?

Wys my wat reg en goed is. Sit my voet op die regte pad sodat ek U weer voluit kan dien. En bring my terug na U woonplek toe. Ek wil U aanbid, God. U maak my hart altyd bly. Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Waarom so hartseer? Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red. Hy is my God.

Niemand is vrygestel van slegte dae nie. Vir sommige van ons is die oorsaak van moedeloosheid iets ekstern (bv. wat ander mense sê of selfs om onsself met ander te vergelyk). Vir ander is dit intern, bv. gedagtes oor onsself of diep gevoelens van hopeloosheid. In hierdie Psalm is die gevoel van wanhoop ekstern, maar dit het gekom tot ‘n punt van oorweldigende marteling. Hy roep na God om hulp en begin praat met homself. Hy sê vir homself om God te vertrou. Hy kyk nie na binne vir antwoorde nie – hy kyk na God. God is ons bron van hoop. Hy het ons geskape en ken ons baie goed. Maak nie saak waardeur ons gaan nie, ons kan vertrou dat Hy daar sal wees vir ons.

Gebed: Here, dankie dat ek U met my lewe kan vertrou. Selfs al voel ek af en hopeloos, weet ek dat U by my is. Help my, Here, om U selfs nou te vertrou. Here, beskerm en bewaar my. Amen.

Uitdaging: Gee jou bekommernisse vir God en sê hardop dat jy Hom gaan vertrou.En doen dit dan.