What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Maar bid …

Filippense 4:6-7 “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.”

Ek het so ’n maand gelede ’n bitter groot en belangrike opstel gehad. ’n Opstel waarin ons filosofie, geskiedenis én politiek in ag moes neem. En ja, jy’s reg — dit beteken navorsing, navorsing en nogmaals navorsing. Maar om op te lees oor alles is nie die moeilike deel nie. Om jou gedagtes agter mekaar te kry en dit dan op ’n verstaanbare manier te bewoord, is waar die paw paw die fan strike.

Ek sit toe agter my laptop en bewe soos ek stres. Net daar herinner die Heilige Gees my aan ’n versie wat my meneer vir ons op skool laat memoriseer het: Fil 4:6. Ek besef toe dat dit in God se boekies onwettig is om te stres. Hier beloof Hy dan dat Sy oorweldigende vrede ons gedagtes sal oorheers!

Ek stel die versie toe op die proef en vra dat God my in Sy vrede sal lei. Raai wat gebeur toe … Elke keer wanneer ek vir Hom vra om my te help om die vrees weg te vat, help Hy my actually! My gedagtes vloei inmekaar, ek maak my boek elke keer presies oop op die plek waar ek wil wees en my angs is WEG.

God wil nie hê dat ons moet stres nie. Daarom gee Hy vir ons hierdie oplossing. Al wat ons hoef te doen, is om Hom te dank en dan te vra.

Gebed: Here, dankie dat U alwetend is. Dankie dat ek nie eers een oomblik vir die res van my lewe meer hoef te stres nie. Lei my elke dag in U oorweldigende vrede. Amen.

Uitdaging: Memoriseer hierdie versie, al is dit net die eerste sin.