What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Maak meer plek vir God in jou lewe!

Jakobus 4:7-8

7…Julle moet God se hand al hoe stywer vashou; dan sal Hy júlle hand ook al hoe stywer vashou. As julle verkeerde dinge doen, hou op daarmee. Hou op om aan die een kant God te wil dien en aan die ander kant nog met julle sondes aan te gaan. 8Gee net vir God plek in julle lewe. Wees hartseer oor alles wat julle verkeerd gedoen het. Moenie dink julle verkeerde lewe is sommer niks nie.

Wow, wat ‘n lang jaar. Ja sure, maybe kon dit so bietjie beter uitgedraai het as wat dit het. Maybe was dit nie goed van my om tyd saam met die verkeerde mense deur te bring nie. Maybe kon ek meer liefde gewys het vir my broers en sussies.

Dis so maklik om terug te kyk op dingetjies en dit te probeer regverdig of te maak of dit niks is nie, maar God soek nie van ons ‘n maybe-attitude oor sonde nie. God wil graag hê dat ons na Hom toe draai. Yes, dit is die einde van die jaar, maar dit beteken nie jy hoef te wag tot volgende jaar om regtig jou hart weer voor God neer te lê nie.

Wanneer daar meer as waarskynlik nie veel dinge is wat pla nie, is die beste tyd om jou hart weer in lyn te kry met God se plan vir jou. As ons nie ons vrye tyd gebruik om nader aan God te groei nie, maak ons net plek vir die ou sondes om weer ‘n vashouplek te kry.

So verander daai maybe-attitude in een wat sê: “Ek wil my lewe verander op só ‘n manier dat ek God kies bo ander dinge.” Gee vir God meer plek in jou lewe deur die sondes van die jaar nou voor Sy voete te los.

Maak meer plek vir God in jou lewe!

Gebed: Here, daar is soveel dinge wat ek weet ek beter kon doen die jaar. Ek wil nie aanhou soos wat ek was nie. Dankie dat U my nie veroordeel nie, maar dat U my die geleentheid gee om my sonde voor U voete te los. Ek wil meer plek maak in my hart vir U. … Amen.

Uitdaging: Kies om een ding te vas tydens die res van die vakansietydperk – iets wat jou die heeltyd sal herinner om jou oë op God te hou.