What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Maak liefde en vrede jou kenmerk!

2 Timoteus 2:22

… Probeer liewer reg lewe, op God vertrou en lojaal wees teenoor Hom en die ander Christene. Bewaar die vrede en werk saam met almal wat in ’n opregte verhouding met die Here staan.

‘n Ander vertaling sê “streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede…”

Ek weet nie van jou nie, maar partykeer voel dit makliker om God lief te hê as ander mense. God is perfek en het ons só lief, maar mense kan ons teleurstel. Tog verwag God van ons om lief te wees vir ons medemens en die vrede te bewaar.

Dit is nie lekker wanneer die verhoudings wat ons het met familie en vriende suur word nie. Ek weet dit lyk soms onmoontlik om ‘n deurbraak te maak en verhoudings te herstel, tog gee God vir ons Sy Heilige Gees om geduldig ons liefde keer op keer te bewys.

Liefde en vrede is deel van die vrug van die Gees. Is jy bereid dat die Heilige Gees jou aksies verander om meer en meer te word soos Jesus ons gemaak het om te wees? Laat ons liefhê, eerder as om kwaai te bly wanneer mense ons teleurstel.

Maak liefde en vrede jou kenmerk!

Gebed: Here, U is heilig en goed. U weet wat in my hart aangaan. U weet dat ek soms sukkel om te vergewe, lief te hê en die vrede te bewaar. Maar ek wil meer soos Jesus word. Help my asseblief om liefde en vrede my kenmerk te maak. Amen.

Uitdaging: Vergewe vandag vir iemand wat jou onlangs seergemaak het, nie omdat ons glo hulle verdien dit nie (want ons het ook nie vergifnis verdien nie), maar omdat Jesus se liefde binne ons sterker is as kwade gevoelens.