What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Maak jou rekening in die Hemel oop

Lukas 12:34 “Onthou, die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is. Jou lewe wys waar jy jou ‘rekening’ oopgemaak het.”

Van die oomblik wanneer ek my oë oopmaak, vlieg die tyd verby en wanneer ek weer asemskep, is die dag verby. Wanneer ek terugdink aan wat ek die dag gedoen het, kan ek dikwels nie onthou wanneer ek stilgestaan en met die Here gepraat het nie.

Ons moet leer om Jesus in elke deel van ons dag in te nooi en saam met Hom die dag aanpak. Soms is dit moeilik om op Hom te fokus wanneer huiswerk, sport, vriende en sosiale media meeding om die meeste van jou tyd te steel.

Ons moet ’n ‘rekening’ by God oopmaak. Ons moet Hom met elke aspek van ons lewe vertrou en al ons probleme, idees en gelukkige tye met Hom deel. Hy beskerm ons geheime soos niemand anders nie. Hoe kan ons dan anders as om elke dag van vroeg tot laat met Hom te praat?

Gebed: Here, help my asseblief om U in elke moment van my dag in te nooi en U te vertrou met my hele lewe. Amen.

Uitdaging: Probeer om elke dag tot eer van God te leef. Doen dit deur Sy lig uit te straal in die manier hoe jy met ander mense praat en hulle hanteer.