What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Maak jou keuse

Josua 24:15 As julle nie bereid is om die Here voluit te dien nie, besluit dan hier en nou wie julle wil dien: die gode wat julle voorouers in Mesopotamië aanbid het of die gode van die Amoriete, in wie se land julle nou bly. Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.”

Almal maak daagliks foute. Ek, jy, jou ouers en selfs die persoon na wie jy opkyk. Wanneer ons die Here vra om vergifnis, vergeet Hy dadelik van ons sondes. Hy vee dit dadelik uit Sy geheue uit, maar wanneer ons nie opreg jammer sê nie, beteken dit niks.

Ons moet besluit of ons die Here gaan dien en of ons al die verslawings van die wêreld gaan aanneem. Ons kan nie met een been in Jesus se sirkel staan en met die ander been in die wêreld se sirkel staan nie. Wanneer ons die besluit neem, moet ons daarby hou en sorg dat wanneer ons ’n fout maak, opreg jammer sê en daaruit leer.

God gee ons die vryheid om ons eie keuses te maak. Kom ons probeer om Hom deur al ons keuses te eer.

Gebed: Here, vergewe my wanneer ek doelbewus nie die regte keuses maak nie. Help my, asseblief, om U in al my keuses te eer. Amen.

Uitdaging: Probeer vandag al jou keuses maak te ere van die Here en nie om in die wêreld se oë goed te lyk nie.